top of page
5fef715d447315d64adb3e3a5d1c1643.jpg

​

EduCRATES

Maak Leer Lekker

​

​

Oor die Produk...

LetterKUNS Boks.png

Koste: R 820 (Posgeld ingesluit)

Edusense se nuutste EduCRATE is hier!

​

Hierdie boks bevat genoeg aktiwiteitsidees om jou kind vir 23 weke besig te hou!

Daar is 'n aktiwiteitsbladsy, gedig vir elke relevante letter van die alfabet en ander hulpbronne wat lettervorming en uitklank na speel gaan laat voel. (Letters c, q en x is met opset uitgelaat.)

​

Metode:

​

Ons glo dat dit belangrik is om die jong leerder te leer hoe elke letter van die alfabet klink (fonetiek). 

​

Alhoewel sommige letters meer as een klank maak (“e” in “ek”-“e” in “emmer”) word die mees algemene klank van elk van die alfabet letters vir eers geleer. Wanneer die kind diè klanke goed genoeg ken kan hy geleer word dat sommige letters se klanke moonlik kan verander. (Die verandering hang natuurlik van die letters waarmee hul gegroepeer word af.)

​

Deur die klanke van letters vir ’n leerder te leer, bemagtig jy hom om woorde te begin ontsyfer. Slegs deur klank-herkenning kan ’n kind onafhanklik begin lees. Om ’n kind op die metode te leer lees lei tot die bewusmaking dat verbale woorde uit kleiner klankeenhede bestaan.

​

​

Oor die Produk...

Geskik vir 4-6 jarige leerders

​

waterverfv.png

Geskik vir 7-12 jarige leerders

Koste: R 750 (Posgeld ingesluit)

Bestel hier

Thanks! Message sent.

Edusense se Waterverfboks vir 7-12 jariges is hier!

​

Hulle sê dat baie van die beroepe waartussen ons kinders eendag gaan moet kies nog nie bestaan nie! Dus kan ons nie ons kinders inskryf vir kursusse wat hul 100% voor sal berei vir “môre se vaardighede” nie. Maar, ons kan hul wel regkry vir die toekoms deur hul aan te moedig om buite die boks dinkers te begin word. Om na ’n probleem van elke moontlike hoek en sy te kan kyk, en so unieke oplossings te vind. Kuns (en ander aktiwiteite wat kreatiwiteit bevorder) help hiermee.

 

Die produk beoog om ouer leerders (7-12 jaar) opgewonde te maak ook die skeppingsproses. Klem val nie op die eindresultaat nie maar op die genot wat verkry word wanneer iets gemaak word. Die produk is ook geskep om leerders wat sukkel met perfeksionisme te help om dit te oorwin en om ’n projek waarmee daar begin word deur te sien tot die einde.

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

Belangrike nota:

​

Bokse word 3-5 dae na bestellings gefinaliseer is verpak en uitgestuur.

Jou boks sal na die PostNet naaste aan jou huis gepos word.

bottom of page