top of page
kidss.jpg

Edusense

Geletterdheidsprogram

Los 

Produkte

stepsEdusense.jpg

Klik hier as

jy na ons 

Edu-Pakke se pryse       wil kyk.

Dankie! Jou boodskap is gestuur.

Jy kan jou kind self leer lees. Al wat jy kort is die regte hulpbronne. Hier is hul nou! 

​

Edusense se produkte volg soos trappe op mekaar. Op watter trap is jou kind tans? Bepaal dit, en beweeg van daaraf vorentoe.

Trap 1 en 2

(Blou)

Leer letters uitklank en 

vorm

Geskik vir leerders aan wie letters bekendgestel word/vir wie dit sal goed wees om letters te hersien.

​

  • Edusense se LetterKUNS Boek hersien al die letters wat reeds aan die leerder bekendgestel is in ons Skoolvoorbereidingsprogram. 

​

  • Edusense se Lettervormingsboek verseker dat die leerder die nodige skrifoefening inkry.

lk1.png
lk2.png

Voorsgestelde Produk:

LetterKUNS-Pak

Trap 3 en 4

(Groen)

Begin letters kombineer

en woordjies ontleed

​

Geskik vir leerders wat al die letters van die alfabet kan uitklank en nou wil begin lees.

​

  • Hoe Klink Dit? Die boekie bevat lessies wat die kind gaan help bepaal waar 'n klank in 'n woord voorkom.

 

  • My LettersUITKLANK Boek is geskep om die kind te help om letters te isoleer, uit te klank en dan op sy ouditiwe-geheue staat te maak om die woord te herroep, en as geheel te weergee.

​

  • Die kort leesboekies is geskep om die begin-leser se selfvertroue op kleinskaal op te bou en hom soos ’n wenner te laat voel.

​​

Voorsgestelde Produk:

LettersUITKLANK-Pak

lk3.png
lk4.png
Hoe.png

Trap 5 en 6

(Oranje)

Leer meer omtrent klinkers en tweeklanke

​

​

Geskik vir leerders wat begin lees sowel as leerders wie se selfvertroue in hul leesvaardighede ’n hupstootjie kort.

​

  • My Lees-, spel en skryfboek stel klinkers en tweeklanke bekend deur middel van 'n reeks kort stories wat elk fokus op 'n spesifieke klank. (Soos die boek deurgewerk word, en die kind se selfvertroue vermeerder, groei die stories se lengte en moeilikheidsvlak.) Die boek is geskik vir begin-lesers en word saam met Edusense se My Eerste Leesboek gebruik.​

Voorsgestelde Produk:

Lees-, skryf- en spelpak

lk5.png
lk6.png

Hierdie is Edusense se Bonus Trap:

Trap 7 en 8

(Rooi)

Geskik vir leerders wat kan lees!

Die joernaal moedig die kind aan om ’n reeks lewende boeke uit te neem en resensies oor hul te skryf. 

​

  • Ontvang 'n reeks natuurverwante temalesse,boekresensieblaaie,      skrifoefeninge, resepte om uit te toets, pretblaaie (skep jou eie bordspel, ontwerp iets wat nog nie bestaan nie, speel Name-Vanne-Diere-Dorpe) en meer. 

 

  • Die Taalleerboek leer jou meer omtrent leestekens, wat die verskil tussen 'n Homoniem en Homofoon is, Bywoorde,               Naamwoorde, Tussenwerpsels en veel meer. 

​

  • My Skrifboek bevat 98  skrifoefeninge wat die kind aan 'n reeks gesegdes en spreekwoorde  sal voorstel.  

Voorsgestelde Produk:

Joernaal-Pak

Neem boeke uit en lees hulle self

​

Leer oor taal

​

Fokus op skrif

​

​

lk8.png
lk7.png
bottom of page