top of page

Welkom! Hier sal jy temaverwante inligting en aktiwiteite (wat op die letter i fokus) vind. 

​

Voorstel: Spandeer 'n week aan die aktiwiteite op die blad. Spandeer die res van die tyd aan die drukbare gedeeltes van ons program.

Edusense

maak leer lekker...

​

My i-kamer

​

Hier gaan jy leer:

​

Oor Amerikaanse Indiane

​Hoe om 'n veer te teken

Hoe om 'n knoop te maak met 'n tou 

 

Dag 1

​

Lees oor die Indiane

Benodigdhede: skakel

"Die Indiane was die inheemse volkere wat die Europeërs in Noord- en Suid-Amerika aangetref het toe die hul Amerika ’n aantal eeue gelede begin koloniseer het. Daardie inheemse volkere se nasate maak vandag 1,4 persent van die bevolking van die Verenigde State uit." Mieliestronk

Klik op die skakel om nog oor Amerikaanse-Indiane te leer.

Skakel: http://www.mieliestronk.com/indiane.html

 

Kyk hier

Geskiedenis

Benodighede: skakel

Kyk na die reeks video-opnames van regte Amerikaanse Indiane. 

Skakel: https://www.youtube.com/watch?v=-stkMRVkCIU

​

Geheuevers

So lief het God ons gehad

​

Leer die volgende Bybelvers:

 

“God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.” Johannes 3:16

​

Skep

Wigwam (Teepee

Benodigdhede: skakel, komberse/stukkies lap, stokke, tou

Wees kreatief, gaan na buite en skep jou eie wigwam met stokke en komberse of skep 'n klein weergawe van 'n wigwam met klein takkies, tou en stukkies lap. Klik op die skakel om die sien hoe Amerikaanse Indiane ’n tradisionele wigwam aanmekaarslaan.

Skakel: https://www.youtube.com/watch?v=tcyB6-rPcDs

 

Klik op die skakel om te sien hoe een Mamma 'n wigwam binne-in haar huis aanmekaarslaan.

Skakel: https://www.youtube.com/watch?v=DdnPR2NcLkM

 

Kyk hier

Peter Pan

Benodigdhede: skakel

Kyk die snit oor Indiane uit die bekende kinderrolprent- Peter Pan.

Skakel: https://www.youtube.com/watch?v=f7yE8TKUB_M

​

Teken en plak

Wigwam

Benodigdhede: papier, kryte, skerpmaker, potlode, gom

Laat die kind 'n driehoekvorm teken, 'n potlood skerp maak en die skerpmaaksels aan die driehoekvorm vasplak. Die driehoek en skerpmaaksels sal soos die lap wat oor 'n wigwam getrek word lyk.

 

Dag 2

 

Kreatiwiteit

Indiaan se klere

Benodigdhede: hulpbron onderaan die bladsy

Kyk na die prent van die kleredrag onderaan die blad. Beskryf die kledingstuk: kleure, materiaal wat gebruik is om die stuk te maak, ens.  

 

Voorbereidende skrif

Links-na-regs

Benodigdhede: bruinpapiersak, kleurpenne, skêr

Knip ’n hempvorm uit 'n bruinpapiersak. Teken onvoltooide patrone op die hemp en laat die kind die patroon  voltooi.

​

Mooi maak

Gesiggies verf

Benodigdhede: gesigverf

Kyk  na die eerste snit om te leer hoe om jou dogter se gesig te verf sodat dit soos ‘n Indiaanse-prinses sin lyk. Klik op die tweede skakel en leer hoe om jou seun se gesig soos 'n indiaanse-held sin te laat lyk.

Skakel: https://www.youtube.com/watch?v=1LsztdifdLY

Skakel: https://www.youtube.com/watch?v=XENXVUR54wk

 

Dag 3

​

Lewensvaardighede

Leer ’n knoop maak

Benodigdhede: skakel, twee toue

Klik op die skakel en leer die kind hoe om die eerste knoop op die lys te maak. Dit word die Sheet-Bend-Knoopmetode genoem.

Skakel: https://scoutingmagazine.org/2017/04/tie-essential-scouting-knots/

 

Spel

Indiaan se spel

Benodigdhede: plat klip, kryte, skinkbord

Kleur die een kant van 'n plat klip in en plaas "onderstebo" op ’n skinkbord. Laat die kind die klip wip tot die gemerkte deel na bo wys en die skoon kant na onder. Tel hoeveel probeerslae dit neem voor sukses behaal word.

 

Teken

Indiaan

Benodigdhede: papier, kryte

Klik op die skakel om te sien hoe mens 'n veer teken of volg die stappe (onderaan die blad) en teken 'n Indiaan.

Skakel: https://www.youtube.com/watch?v=zV76XB2Rh-w

​

​Dag 4

Ouditiewe persepsie

Luister

Benodighede: 7-10 boontjies, houer

Die Indiane was afhanklik van perde om van een plek na 'n ander te reis.

Lees die gedig. Elke keer wat die kind die woord perd hoor moet hy/sy 'n boontjie in 'n houer gooi.

 

Die blink vosperd

 

O, ek het 'n perd,

'n Blink vosperd met 'n splinternuwe saal.

En ek klim op my perd,

My blink vosperd,

en ek kom om jou te haal.

Want jy’t gesê as ek jou

wil hê dan moet ek jou kom haal-

op 'n mooi ryperd,

'n blink vosperd, met 'n splinternuwe saal.

 

Luister 

Perde geluide

Benodigdhede: skakel

Klik op die twee klanksnitte. Laat die kind beskryf wat hy/sy hoor.

Laat die kind die geluide namaak: die runnik met sy/haar mond en die gallop-geluide met sy/haar voete of hande teen 'n houtoppervlak.

Skakel: http://soundbible.com/suggest.php?q=horse+running&x=0&y=0

 

Leer

Perde

Benodigdhede: skakel

Klik op die skakel en leer saam met jou kind oor perde. (Fokus spesifiek op die volgende gedeelte van die artikel: Die Bou van die perd. Leer die kind wat mens die dele van 'n perd se liggaam noem.

Skakel: http://www.mieliestronk.com/perde.html

 

Dag 5

​

Wiskundige konsepte

Tel

Benodigdhede: skakel

Laat die kind op die skakel klik om die tel-spelletjie te speel.

Skakel:http://www.sheppardsoftware.com/preschool/animals/forest/animalforestfindcountgame.htm

 

Diere

Die woude

Benodigdhede: skakel

Klik op die skakel en leer die Engelse name van die diere wat in die Amerikaanse woude woon. Die Indiane het baie van die diere wat jy nou gaan sien gejag vir hul pelse en vleis. 

Skakel: http://www.sheppardsoftware.com/preschool/animals/forest/animalforestgame.htm

 

Skep

Oerwoud prente

Benodigdhede: skakel, rekenaar

Klik op die skakel en laat die kind 'n oerwoud-prent skep deur bome en lanskappe in te kleur en op diere te klik en dan oor te plaas waar hy/sy hul op sy kunsstuk soek.

Skakel: http://www.sheppardsoftware.com/content/animals/kidscorner/paintandmake/paintandmakeforest.htm

​

Natuur

Klip-op-sy-plek-houer

Benodigdhede; klip, kryte

Kyk wat het ons gedoen gedurende ons Indiaan-week! 

​

​

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

STEM

Totempole

Benodigdhede: toiletrolle, gom, drukbare blad-regs

Aan die regterkant van die blad is 'n knoppie wat die volgende lees: PDF-totempole. Klik daarop. Knip die prente op die blaaie uit en plak aan toiletrolle vas. Laat die kind probeer om 'n totempole te bou sonder dat dit om val. *Nota: totempole is opgerig om belangrike gebeurtenisse binne die volk te herdenk: huwelike, dade van braafheid, ens.

​

​

Hulpbron: Dag 2 en Dag 3

​

​

clothes.jpg
indian.jpg

Kyk wat ons alles

die week gaan

doen...

​

Gebaretaalwoord

indian-native-american-horseback-on-clif

Lees op oor 

Indiane

tent.jpg

Bou 'n wigwam

39536002_2662877650404509_38133826117833

Teken en versier 'n wigwam

39229176_2651742004851407_77099752714194

Indiaan se klere

knoop.jpg

Knoop leer maak

39714715_2662893997069541_56209065416044

Speel die spel

abstract-hand-painted-feathes-pack_23-21

Teken 'n veer

totem.jpg

Skep 'n 'totempole'

PDF-Totempole

Ons gaan...

bottom of page