top of page

Welkom! Hier sal jy temaverwante inligting en aktiwiteite (wat op die letter v fokus) vind. 

​

Voorstel: Spandeer 'n week aan die aktiwiteite op die blad. Spandeer die res van die tyd aan die drukbare gedeeltes van ons program.

Edusense

maak leer lekker...

​

My v-kamer

​

Hier gaan jy leer:

​

  • Oor veiligheid

  • Hoe om veilig in Zoeloe te sê

  • Hoe om veilig in Gebaretaal te sê

  • Wat padtekens is

  • Oor noodnommers

 

Zoeloe en ASL-woord

Leer hoe om veilig in Zoeloe te sê, klik hier: https://www.youtube.com/watch?v=ZpBx8FE7gwA

Leer hoe om gered in Gebaretaal (ASL) te sê, klik hier: ​https://www.youtube.com/watch?v=2voVDM6PuHQ

 

Dag 1

Lees op oor veiligheid

Klik op die skakel om meer oor padveiligheid te leer. Volgens die artikel moet kinders geleer word om regs, links en dan weer regs te kyk voordat hulle die pad oorsteek. In Amerika word kinders geleer word om links-regs-links te kyk voor hul by ’n stopstraat, voetgangeroorgang of by ’n verkeerslig die pad oorsteek.

Skakel: https://www.netwerk24.com/baba-en-kleuter/Kleuter/kyk-regs-kyk-links-20160614

 

Geheuevers

Die Woord

​

Leer die volgende Bybelvers:

 

U Woord is ’n lamp vir my voet en ’n lig vir my pad. Psalm 119:105

 

Kyk en gesels

Padtekens

Benodigdhede: skakel

Klik op die volgende skakel en leer meer omtrent padtekens.

Gesels oor wat elke padteken beteken en van jou as padverbruiker verwag.

Skakel: http://www.mieliestronk.com/padtekens.html

​

Leer tegnologie gebruik

Neem fotos

Benodigdhede: slimfoon, kar, stil straat

Kyk hoeveel padtekens jul kan sien wanneer julle weer winkel toe gaan om brood en melk te gaan koop. Gee aan die kind 'n slimfoon en vra hom/haar om soveel padtekens as moontlik met dit af te neem. Kyk by die huis saam deur die fotos.

​

Alternatief: gaan vir ’n stappie in ’n stil straat. Kyk na en gesels oor al die padtekens om jul.

 

Skep padtekens

Benodigdhede: papier, kryte, skêr, gom, roomysstokkies

Laat die kind padtekens teken, uitknip en dan aan roomysstokkies vasplak.

 

Dag 2

Rooi en groen hande

Trek die kind se hande 2x na. Laat hy/sy die een hand rooi inkleur en die ander een groen. Knip die hande uit en plak aan roomysstokkies vas.

 

Luister mooi

Klikkerland

Benodigdhede: skakel, hande

Laat die kind die groen hand in sy linker en die rooi handjie in sy/haar regter hand vashou. Wanneer Klikkerland se mense sing oor die rooi lig moet die kind sy/haar rooi hand oplig en wanneer Klikkerland se mense oor die groen lig sing moet die kind sy/haar groen hand lig.

Skakel: https://www.youtube.com/watch?v=kJd_z-VIp3E

 

Voorbereidende skrif

Ontwerp ’n pad

Benodigdhede: swart papier, bordkryt

Laat die kind ’n reeks lyne van link-na-regs op ’n swart papier maak. Die lyne wat mens gereeld op sekere dele van die pad sien, noem ons sebrastrepe. Sebrastrepe is geskep vir voetgangers wie 'n pad veilig oor wil steek. 

 

Leer jou legoman padreëls

Benodigdhede: swart papier, skêr, bordkryt, legomanne, padtekens (wat tuis gemaak is), presstick

Sny swart papier in stroke. Laat die kind die stroke teenmekaar plaas en so ’n pad van sy/haar eie ontwerp. Gebruik die padtekens wat jul vroër geskep het om by die paaie te plaas. Laat die kind sy/haar legomanne leer hoe om ’n pad veilig oor te steek en wat elke padteken simboliseer.

 

Dag 3

Lewensvaardighede

Luister, kyk en doen

Benodigdhede: skakel, kar

Luister eers na die Lollos liedjie en gaan dan na jul kar toe om die volgende te doen: Gesels oor wat julle moet en nie moet doen wanneer julle in ’n kar is. Laat die kind ook oefen om ’n veiligheidsgordel self vas en los te maak.(Noem dat die kar geensins ’n speelplek is nie!)

 

Ouditiewe persepsie

Wat ek moet en nie moet doen nie

Benodigdhede: stop en gaan hande

Laat die kind na die volgende sinne luister:

Indien die sin korrek is moet hy/sy die groen handjie oplig maar as die sin verkeerd is moet hy/sy die rooi handjie lig.

​

  • Jy moet jou kop by die ruit uitsteek wanneer julle ry.

  • Jy moet jou veiligheidsgordel altyd vasmaak voor jul iewers heen ry.

  • Jy mag maar op die dak/kattebak sit wanneer jul gou-gou iewers heen ry.

  • Jy mag nooit wegkruipertjie speel en agter ’n kar wegkruip nie. 

  • Jy mag nie agter ’n bal wat in ’n pad inrol hardloop nie. Jy moet eerder jou ma/pa roep om jou te help om die bal te kry.

  • Jy mag nooit saam met ’n vreemdeling in ’n kar klim nie.

  • Jy mag met die kardeur se handvatsel speel.

 

Skeppendheid

Ontwerp ’n kar

Benodigdhede: hulpbron (onderaan die blad), potlode, papier, skakel

Kyk na die stappe wat wys hoe om ’n kar te teken. Gebruik die hulpbron slegs om idees te kry en ontwerp sommer ’n spogmotor van jou eie.

Vir nog inspirasie en karvoorbeelde kan jy op die skakel klik...

Skakel: https://www.youtube.com/watch?v=X06wuHBbCkg

 

Dag 4

Buite die boks idee

Herwin

Benodigdhede: strykplank, kryte, karre, planke, bande

​Plaas ’n ou motorband plat en laat die kind ’n plank teen die band plaas en twee van sy/haar speelgoedmotors van die plankie af laat ry. Kyk watter een gaan die verste.

Alternatief: rol twee balletjies van die plankie af…

Jul kan ook ’n ou strykplank omskep in ’n pad-bord (sien foto-regs). Die kind kan baie lekker met sy/haar karretjies/diertjiespeelgoed op so ’n bord speel.

 

Naaldwerk

'n Pad

Benodigdhede: groen felt, swart merker, naald en wit gare/swart felt, naald en wit gare

Knip ’n stuk felt in ’n reghoekige vorm. Indien die felt groen is kan ’n breë swart lyn op die stuk lap geteken word. (Die lyn verteenwoordig ’n pad.) Laat die kind die wit stippellyne ,wat op paaie voorkom. op die swart padgedeelte skep met ’n naald en gare.

 

Wysheid

Onthou nou

Benodigdhede: geen

Laat die kind een van die volgende noodnommers memoriseer:

 

Polisie: 10111

Ambulaans: 10177

Brandweer: 10177

 

Konsep van getal

1-5

Benodigdhede: geen

Sê 'n getalnaam en laat die kind sy/haar hande dieselfde hoeveelheid kere klap aswat die getalnaam verteenwoordig: “twee”-kind klap sy/haar hande twee maal.

Doen dieselfde met: voete stamp, draai in die rondte, knik jou kop

 

Syfervorming

1-5

Benodigdhede: kryte, papier/ meel, skinkbord

Skryf die syfers 1-5 netjies en lekker groot op ’n vel papier. Laat die jonger kind die syfers in meel probeer natrek terwyl die ouer kind (wie se handjies al sterk genoeg is) die syfers oor kan skryf oppapier.

​

Dag 5

Tel tot 10

Benodigdhede: skakel

Klik op die skakel en tel saam van 1-10.

Skakel: https://www.youtube.com/watch?v=5vWQLV4ZRrM

 

Vorms

Verskeie

Benodigdhede: skakel

Kyk hoe skep Klein Pikkewyn produksies ’n bus met vorms.

Skakel:https://www.youtube.com/watch?v=AHtKSbsRQpk

 

Vorms

Engelse name

Benodigdhede: skakel, rekenaar

In die oulike spel word ’n vormnaam genoem en die kind moet dan die vorm raakskiet. Onthou die volgende:

'n Circle word ’n sirkel genoem in Afrikaans en ’n rectangle ’n reghoek. ’n Square word ’n vierkant genoem en ’n triangle ’n driehoek.  

Skakel: http://www.sheppardsoftware.com/mathgames/earlymath/shapes_shoot.htm

 

Rekenaarvaardighede

Help die apie bestuur

Benodigdhede: skakel, rekenaar

Kyk na die oulike spel waarin die apie die korrekte antwoorde moet vang vir punte.

Skakel: http://www.sheppardsoftware.com/mathgames/monkeydrive/addition/MDadd1to5.htm

 

En so kom ons sewe temas (wat die eerste deel van Edusense se Afrikaanse voorskoolprogram) tot ’n einde. Ek los jul met die kosbare produksie deur ABC Rap Afrikaans...

Skakel: https://www.youtube.com/watch?v=aUic09PIVNM

​

Hulpbron: dag 3

 

 

 

​

​

 

 

​

 

 

 

​​

​

​

Kyk wat ons alles

die week gaan

doen...

​

Ons gaan...

© 2023 by I KID YOU NOT. Proudly created with Wix.

bottom of page