
Welkom! Hier sal jy temaverwante inligting en aktiwiteite (wat op die letter t fokus) vind.
​
Voorstel: Spandeer 'n week aan die aktiwiteite op die blad. Spandeer die res van die tyd aan die drukbare gedeeltes van ons program.
Edusense
maak leer lekker...
​
My t-kamer
​
Hier gaan jy leer:
​​
-
Oor mensetande en dieretande
-
Hoe om tande in Gebaretaal te sê
-
Hoe om tande in Zoeloe te sê
-
Hoe om jou tande te versorg
-
Hoe om 'n trompet te skep
​
Zoeloe en ASL-woord
Leer hoe om tand in zoeloe te sê, klik hier:https://www.youtube.com/watch?v=kj9lLfIG-MU
Leer hoe om tande in gebaretaal (ASL) te sê, klik hier: ​
https://www.youtube.com/watch?v=9DU9U9JA17o
Dag 1
Lees
Tande
Klik op die skakel om meer oor mense/diere se tande te leer.
Skakel: http://www.mieliestronk.com/bekkig.html
Hier volg 'n artikel oor tandesorg. (Dit is bedoel vir mamma om te lees).
Skakel: https://www.netwerk24.com/baba-en-kleuter/Peuter/bekkie-perfek-20151207
Geheuevers
Pa staan vir jou eie foute
​
Leer die volgende Bybelvers:
In daardie tyd sal hulle nie meer sê: “Die vaders het groen druiwe geëet, en die kinders se tande het stomp geword” nie.
Jeremia 31:29
​
Identifiseer
Diere tande
Benodigdhede: skakel
Klik op die skakel om by die Edusense video uit te kom. Herken jy die diere aan hul tande/kan jy die diere identifiseer deur slegs na hul tande te kyk? Druk pause op die gedeeltes van die video wat die tande wys. So gee jy jou kind langer kans om te dink.
Skakel: https://www.youtube.com/watch?v=4Tf9aMXTb5I
​
Skeppendheid
Tandekussing
Benodigdhede: lap. wol, gom, skêr
Kyk na die video (op die eerste skakel) om te sien hoe maklik dit is om die Tandekussingtjie te maak.
Klik op die tweede skakel om by die drukbare patroon uit te kom. (Dit is heel onderaan die blad.)
Skakel: https://www.youtube.com/watch?v=nEu0EwqGqC4
Skakel: https://www.ehow.com/13709260/diy-no-sew-tooth-fairy-pillow
Saamwerk
Tandemonster
Benodigdhede: klei, skulpe, ogies, gom, deksel
Klik op die skakel vir oulike speelklei resepte of kyk gerus na Edusense se speelklei resep hier onder.
Skakel: https://www.netwerk24.com/baba-en-kleuter/Pret/Speelklei-resepte-20150902
Sagte speelklei resep:
1k water
2e olie
2 1/2 k meel
1k sout
Rooi/pienk koekkleursel
Pienk: meng die water, olie en ’n klein bietjie kleursel. Wanneer die vloeistof goed geroer is kan die meel en sout bygevoeg word.
Maak die Tandemonster so: Plak twee plastiese ogies vas aan ’n deksel. Plaas nou pienk klei op die onderste deel van die deksel en druk skulpe hier in.
Luister, kyk en doen
Tande borsel
Benodigdhede: skakel, Tandemonster, tandeborsel
Klik op die skakel en kyk die episode van Cavity Jane. (Dit is Engels).
Skakel: https://www.youtube.com/watch?v=j6vcGTyz7wg
​
Verduidelik hierna ,stap-vir-stap, hoe jou kind sy/haar tande moet borsel (sien die hulpbron onderaan die blad). Laat hy/sy nou oefen om sy/haar Tandemonster (wat jul vroër gemaak het) se tande met ’n regte tandeborsel en denkbeeldige tandepasta te borsel. Klik op die skakel om te sien hoe ons dit gedoen het.
Skakel:https://www.youtube.com/watch?v=e8s5-zwLBY4
​
Dag 2
Rekenaarvaardighede
Vorms
Benodigdhede: skakel
Klik op die skakel. Die spel wat sal open gaan verg dat jy elke vorm met sy maat verenig. Laat 'n grootmens jou wys hoe om die vorms met die muis vas te vat en dan te trek tot waar hul hoort.
Skakel: https://www.happyclicks.net/drag-drop-games/games_shapes.php
​
Kuns
Teken 'n tand
Benodigdhede: vetkryt, papier/liniaal
Klik op die skakel en leer hoe om 'n tandemannetjie te teken. Indien jy sukkel kan jy op die tweede skakel klik en leer hoe om 'n vierkantvorm te teken.
Skakel 1: https://www.youtube.com/watch?v=UHqAxw3Tsvg
Skakel 2: https://www.youtube.com/watch?v=eRkIOefQRI4
​
Luister
Kieme
Benodigdhede: skakel
Hierdie Lolos-liedjie gaan oor Kiemie. Wanneer ons tande borsel skrop ons al die bakterieë/kieme/plaak van ons tande af. Plaak veroorsaak gatjies in ons tande.
​Skakel: https://www.youtube.com/watch?v=MsNmCnh_bFE
​
Dag 3
Skep
Trompet of Kazoo
Benodigdhede: papier, kleefband/toiletrol, rekkie, waspapier, skêr
Maak 'n papiertrompet...Rol ’n papier op. Die papier moet skeef opgerol word sodat dit nou begin maar breed eindig. Knip 'n gelyke ronding vir die voorkant en hou die trompetvorm in plek met kleefband.
Indien jy kans sien vir 'n meer ingewikkelde idee, klik op die skakel. Jy gaan leer om 'n Kazoo te maak. (Jy hoef nie die rolletjie noodwendig te verf nie. Laat jou kleuter dit eerder met vetkryt versier.) Onthou om die Kazoo naby te hou. Ons gaan dit gedurende die volgende aktiwiteit gebruik.
Skakel: https://www.youtube.com/watch?v=8GTx4VEMDas
Sing saam
Die Tandemuis kom
Benodigdhede: skakel. trompet of Kazoo
Luister na die uittreksel van Tandemuis en Lodewikus. Blaas op jou denkbeeldige trompet/Kazoo nadat Muis voorgestel word en sing Wielie-wielie-walie saam.
Skakel:https://www.youtube.com/watch?v=veL-43j_72M
​
Skep
Muisie
Benodigdhede: papier, skêr, ogies, gom
Klik op die skakel (of kyk na die hulpbron onderaan die blad) en leer om 'n oulike tandemuis te skep. Die skepping sal gebruik word gedurende nog 'n aktiwiteit. Hou dit naby!
Skakel: https://www.youtube.com/watch?v=_WMmYJmFWxY
Dag 4
Posisies
Die muis
Benodigdhede: muis, blok
Maak ’n klip-muis of gebruik ’n speelgoed-muis om die volgende aktiwiteit te doen. Laat die kind kyk hoe jy 'n muis bo-op, onder, langs, voor en agter ‘n hout blok plaas. Benoem die posisie name sooswat jy die aktiwiteit voltooi. Vra nou die kind om die muis langs bo-op, onder, langs, voor en agter ‘n hout blok plaas. (Indien die kind sukkel kan jy met jou vinger op die area waarna jy verwys tik.)
Leer nog
Jy is die muis
Benodigdhede: stoel
Verbeel jou jy is 'n muis. Die stoel is jou huis. Staan op die stoel, kruip onder-deur die stoel. Staan langs die stoel, ens. (Indien die kind met die aktiwiteit sukkel kan jy weereens na die area waarna jy verwys wys.)
​
Sommer net pret
Vang die muis
Benodigdhede: skakel
Die skakel lei na ‘n “muis-vang-spel”. Hoe werk dit? Jy moet die muis probeer vaskeer sonder dat hy van die bord af ontsnap. (Die aktiwiteit kan slegs per rekenaar voltooi word.)
Skakel: http://www.sheppardsoftware.com/braingames/mousetrap/mousetrapAS2.htm
​
Dag 5
Onthou en bou
Colgate is 'n bekende tandpastamaak. Op hul webwerf is die oulike geheuespel en skuiflegkaart. Klik op die skakels om by dit uit te kom. (Die spelletjies kan slegs per rekenaar gespeel word.)
Skakel: https://www.colgate.com/en-us/bright-smiles-bright-futures/program-materials/for-kids/games/super-id
Vorms
Benodigdhede: skakel, rekenaar
Klik op die skakel om ’n pret vormspelletjie te speel.
Skakel: http://www.sheppardsoftware.com/preschool/ngames/shapes.htm
​
Hulpbron: dag 2, dag ​ 3
​
​
​
​
​

Kyk wat ons alles
die week gaan
doen...
​











Leer oor tande
Maak Kussingtandjies
Skep
Tandevleis
Speel die spel
Teken 'n tand
Sing
Maak 'n Kazoo
Raak kreatief
Ons gaan...