
Welkom! Hier sal jy temaverwante inligting en aktiwiteite (wat fokus op Edusense se Skoolvoorbereidingsprogram) vind.
Klik op die skakels om te begin.
Edusense
maak leer lekker...
​
My g-kamer
​
Hier gaan jy leer:
​
· Oor goeie gewoontes
· Kieme
· Hoe om was in Gebaretaal te sê
· Hoe seep gemaak word
· Hoe om hande korrek te was
​
ASL-woord
Benodigdhede: sien die prent regs
Instruksies: Maak beide hande oop. Plaas nou jou regter handpalm op jou linkerpalm en vryf daaroor.
Gebruik in’n sin: My hande is skoon.
Dag 1
Lees op oor goeie gewoontes
Benodigdhede: skakel
Mamma, klik op die skakel om meer oor die vaslê van goeie gewoontes te leer.
Skakel: https://www.netwerk24.com/baba-en-kleuter/Peuter/7-goeie-gewoontes-20170919
​​
Geheuevers
Was my
​
Leer die volgende Bybelvers:
​
Was my skoon van my skuld. Reinig my van my sonde!
Psalm 51:4
​
Ouditiewe geheue
Benodigdhede: skakel
Luister mooi na die liedjie wat deur Goggatjie en maats gesing word en beantwoord dan die vraag: Wanneer moet ons hande was?
Skakel: https://www.youtube.com/watch?v=926cnsFHLxs
​Toepas
Benodigdhede: blinkers, seep, water, handdoek
Kieme is piepklein. Kleiner as ’n blinker. Wanneer jy jou hande was moet jy dit reg doen! Kom ons oefen om hande te was. (Plaas ’n klompie blinkers op die kind se hande. Laat hy of sy nou hul probeer af was met seep.Kyk na die tyd of die kind suksesvol was of nie.)
Dag 2
Kuns
Teken 'n bad(moeilik)/seep(maklik)
Benodigdhede: potlode,papier
Klik hier en leer om ’n bad te teken:https://www.youtube.com/watch?v=Zk9XmpcHFEA
Klik hier en leer om ’n seep te teken: https://www.youtube.com/watch?v=PNB8YjIjUTc
​
Kyk hier
Seepkuns
Benodigdhede: skakel
Die eerste skakel open ’n Mieliestronk blad wat fokus op hoe mense lank gelede dinge (kerse, botter, ens.) gemaak het. Lees slegs die gedeelte wat oor seep handel.
Die tweede skakel wys 'n video van hoe 'n vrou 'n ou familie resep volg om Ouma Hanna se boerseep te maak. (Moenie probeer om seep self te maak nie, dit is gevaarlik!)
Skakel 1: http://www.mieliestronk.com/mieliemuseum.html
Skakel 2: https://www.youtube.com/watch?v=iYc3-VYIaew
Skeppendheid
Benodigdhede: seep, tandestokkie, skinkbord (om in te werk en mors)
Neem 'n goedkoop, nuwe seep. Kerf 'n prentjie op die seep se oppervlak uit (sien die prent regs).
​
​Dag 3
Seepbelle skep
Benodigdhede: seep, water, glycerine, skottelgoedwasseep, houer
Gebruik jou hande om seepbelle mee te vorm: Doop beide jou hande in ‘n seepbelmengsel, vorm ’n sirkel met jou hande(plaas al jou vingers teenmekaar). Herhaal tot ‘n seeplaag vorm en blaas stadig tot ‘n seepbel begin vorm. Hier volg ‘n goeie seepbelresep: Plaas 6 koppies water in ’n grooterige houer. Voeg een koppie skottelgoedseep by die water en roer versigtig (Maak seker dat die mengsel nie begin skuim nie.) Plaas een teelepel glycerine by die mengsel en laat staan oor nag.
Alternatief: Dek jou hande met ‘n laagie water en bietjie koekieseep. Probeer dan die bogenoemde eksperiment.
Skakel: https://www.youtube.com/watch?v=PoOoK-O3p6M
Geskiedenis: oorsprong van seep
Benodigdhede: wêreldkaart, klein boot-papier
Volg die stappe (op die hulpbron onderaan die blad) en vou ‘n klein boot.
Wys vir die kind waar Suid-Afrika gevind kan word op 'n wêreldkaart. Laat hy die boot gebruik om vanaf SA na die lande wat genoem word (soos Egipte) te reis.
Skakel: https://af.wikipedia.org/wiki/Seep
Indien jy nie 'n kaart het nie, klik hier: https://www.mapsofworld.com/world-maps/afrikaans.html
Dag 4
Seepbelle bars
Benodigdhede: skakel
Klik op die skakel, dit sal ‘n aanlyn opvoedkundigespelletjie open. Sit die klank af en vra die kind om die seepbelle wat hy/sy bars te tel.
​Skakel: https://pbskids.org/curiousgeorge/busyday/bubbles/
Leer oor kuns
Benodigdhede: kunswerk
Kyk na die prent (onderaan die bladsy) wat deur Mary Cassatt geskep is.
Beantwoord ook die volgende vrae:
Hoeveel mense is in die prent?
Wie is die mense van mekaar?
Is altwee die mense ewe oud?
Waar sit die kind?
Wat doen die vrou met die kind se hare?
Watter kleur is die vrou se hare?
Watter kleur is die kind se hare?
Watter kleur is jou hare?
Teken
Benodighede: Kryte, papier, spieël x2
Staan voor ‘n spieel en laat iemand ’n ander spieel agter jou hou. So sal jy kan sien hoe jou hare aan die agterkant van jou kop lyk. Teken jou kop van agter af.
Dag 5
Ken jou kleure
Benodigdhede: skakel, skootrekenaar, FLASH
Klik op die skakel. Die spel wat sal open verwag van die kind om verskillende voorwerpe volgens kleur te groepeer. Indien die kind ‘n groen voorwerp in die geelboksie probeer plaas sal die boksie die voorwerp uitskiet.
http://www.sheppardsoftware.com/preschool/colors/colorgame.htm
Mikroskoop
Benodigdhede: skakel
Die Mikroskoop is 'n instrument met vergrotingslense wat kleiner voorwerpe sodanig vergroot dat dié wat nie met die oog gesien kan word nie, mikroskopies besigting kan word. Skakel 1: Mens kan bakterieë mooi deur‘n mikroskoop sien. Klik op die skakel. Dit sal ‘n Mieliestronkartikel open. Kyk na die fotos. Skakel 2: Kyk na fotos van voorwerpe in jou huis onder ‘n mikroskoop.
Skakel: http://www.mieliestronk.com/bakterie.html
Skakel: https://blazepress.com/2015/04/21-incredible-microscopic-images-everyday-items/
​
Eksperiment
Benodigdhede: brood, water, houer, donker kas
Groei jou eie bakterieë: spoel ‘n kosblik uit. Moenie die kosblik afdroog nie. Plaas ‘n sny brood in die kosblik en seel met ‘n deksel. Plaas die brood in ‘n donker kas. Kyk na ‘n 4 dae of jy al ‘n verskil aan die brood kan opmerk. Kyk weer oor ses, 9 en dan 12 dae. Teken ‘n prent van die transformasie waardeur die brood gegaan het.
Hulpbron: Dag 4
​
​
​
​
Kyk wat ons alles
die week gaan
doen...
​

Leer skoon wys

Leer teken

Kerf dierevorms uit seep

Vorm seepbelle met jou hande

Leer wat 'n mikroskoop
doen

Groei bakteriee

Luister na die liedjie

Leer hande was

Volg ons Facebookblad om op hoogte te bly van nuwe Temakamers wat binnekort sal open.
​
​
​
​
Ons gaan...