
Welkom! Hier sal jy temaverwante inligting en aktiwiteite (wat op die letter n fokus) vind.
​
Voorstel: Spandeer 'n week aan die aktiwiteite op die blad. Spandeer die res van die tyd aan die drukbare gedeeltes van ons program.
​
Klik op die skakels om te begin.
Edusense
maak leer lekker...
​
​
​My n-kamer
​
Hier gaan jy leer:
​
Oor Nagdiere
​Hoe om in morsekode SOS te wys
Hoe om ’n uil te teken
Oor skaduwees
Dans
Dag 1
​
Gebaretaalwoord
Benodigdhede: Sien foto heel-bo regs
​Instruksies: Hou beide wysvingers regop en handpalms weg van die lyf af gedraai. Beweeg die regter wysvinger opwaarts teen die kant van die linker vinger. Ruil vingers. Gebruik in 'n sin: Daar is 50 sterre in die Amerikaanse vlag.
Leer oor Lemurs
Benodigdhede: skakel
’n Dier wat nagtelik is is ’n dier wat deur die dag slaap en gedurende die nag wakker is. Lemurs is sulke diere.
Lemurs word as primate geklassifiseer, net soos ape en die mens. Hulle word slegs aangetref op Madagaskar en op die Comore-eilande aan die ooskus van Afrika.
Klik op die skakel om meer oor Lemurs te leer.
Skakel: http://www.mieliestronk.com/lll_lemurs.html
Kyk hier
Benodighede: skakel
Laat die kind die video kyk. Dit bevat fotos van tien mooi nagtelike diere. Vra die kind watter een sy/haar gunstelling is?
Beskryf jou gunstellingdier in die video aan die kind. Laat die kind raai van watter dier jy praat.
Skakel: https://www.youtube.com/watch?v=VfmA8iFq6ZI
Geheuevers
Wat is die mens
​
Leer die volgende Bybelvers:
As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre waaraan U 'n plek gegee het, wat is die mens dan dat U aan hom dink, die mensekind dat U na hom omsien? Psalms 8:4-5
Sing saam
Hy Laat...
Luister na die pragtige liedjie, gesing deur Carike, Ghoempie en Ghoeghoe. Die naam van die liedjie is: Hy Laat Die Sterre Skyn.
Skakel: https://www.youtube.com/watch?v=hFpNyxiu9tg
Skeppendheid
Hasies
Benodigdhede: skakel, papier, liniaal, gom, skêr, potlood, ogies
Het jy geweet dat hasies nagtelike diere is. Kyk na die video en skep dan jou eie hasie. Klik op skakel een as jy ’n maklike manier wil sien om ’n hasie te maak en op skakel 2 indien jy kans sien vir ’n meer uitdagende projek.
Skakel 1: https://www.youtube.com/watch?v=tcyB6-rPcDs
Skakel 2: https://www.youtube.com/watch?v=1mb0WpZz2mk
Kyk en luister hier
Vuurvliegie en padda
Benodigdhede: skakel
Het jy al ooit ’n vuurvliegie gesien? Kyk na die video-opname van vuurvliegies en luister ook na die oulike liedjie oor die padda wat die vuurvliegie se liggie wou leen.
Skakel: ​https://www.youtube.com/watch?v=k72jGJTC_3o
Skakel: https://www.youtube.com/watch?v=kgBPSbpMmQk
Lewensvaardighede
Morsekode
Benodigdhede: flits, hulpbron (onderaan die bladsy), skakel
Morsekode is 'n stelsel om letters, nommers, getalle en leestekens deur middel van 'n onderbroke kodesein te stuur. Dit is deur Samuel Morse en Alfred Vail in 1835 ontwerp.
Die kode was oorspronklik in die 19de eeu gebruik om persoonlike- en nuusboodskappe per draad en later per radio oor lang afstande te stuur en het so die spoed van kommunikasie geweldig verbeter.
Kyk onderaan die bladsy. Leer die kind om met 'n flits SOS te wys. SOS: internasionale noodsein in die Morsekode (kolletjie-kolletjie-kolletjie, strepie-strepie-strepie, kolletjie-kolletjie-kolletjie wat die letters SOS uitspel.) Klik op die skakel om te sien of jul dit reg doen.
Skakel: https://www.youtube.com/watch?v=k8m8R4x0Mgk
​
Dag 2
Uil teken
Benodigdhede: hulpbron (onderaan die bladsy)
Kyk na die hulpbron onderaan die bladsy. Dit wys die stappe verbonde aan ’n uil teken. Laat die kind ’n uil teken en inkleur of verf. Onthou dat daar nie reëls is wanneer dit by kuns kom nie. Die kind kan sy/haar uil einige kleur maak. Hy/sy hoef ook nie 100% by die riglyne wat op die hulpbron gewys word bly nie.
Begrip
Benodigdhede: skakel,
Klik op die skakel en lees die storie: Waar stories vandaankom vir die kind. Dit was geskryf deur Wendy Hartman en vertaal deur Anita van Zyl.
Nadat die kind na die storie geluister het kan hy/sy die storie “terugvertel” aan jou.
Skakel: https://nalibali.org/story-library/multilingual-stories/waar-stories-vandaan-kom
Skaduweespel
Benodigdhede: skakel, donker kamer, lig
Laat die kind die video kyk en dan oefen om diere se skaduwees met sy/haar hande teen ’n muur te maak.
Skakel: https://www.youtube.com/watch?v=Uv-MdaBfk8U
Dag 3
Inkleur
Handjies oefen
Benodigdhede: skakel, drukker, papier, kryte
Klik op die skakel, dit sal lei na ’n reeks inkleurprente van vlermuise. Kies een met dik, eenvoudige lyne en druk dit dan uit.
Draai die prent om en plaas dit voor die kind. Die lyne behoort liggies deur te skyn. Laat die kind die lyne (wat die dier vorm) natrek en dan inkleur/verf/versier met swart styrofoam-velle.
Skakel: http://www.supercoloring.com/coloring-pages/mammals/bats
Nagdier
Luister om te vind
Benodigdhede: blinddoek, maat
Snags wanneer ons slaap, kom hulle uit hul skuilplekke om allerhande vlieënde goggas ewe kordaat in hul vlug te verslind. Dit doen hulle nogal met ’n vernuftige soort radar. Hulle stuur kort trillings van ultrasoniese klankgolwe met ’n frekwensie van sowat 50 000 trillings per sekonde uit.
As hierdie golwe ’n voorwerp soos ’n insek tref, word hulle in die vorm van ’n eggo of weerklank teruggekaats. Die vlermuis kan dus sy prooi selfs in stikdonkerte vind.
Laat die kind en 'n maat die volgende spelletjie speel. Eggo opsporing:
plaas ’n blinddoek oor die kind se oë. Laat ’n maat om die kind beweeg en klap- of klikgeluide met sy/haar mond maak (amper soos die wat ‘n sprinkaan maak wannneer hy sy bene teen mekaar skuur). Laat die kind sy/haar maat oopspoor deur gehoor.
Raai
Die dier
Benodigdhede: skakel
Klik op die skakel, dit sal ’n oulike spelletjie open. Laat die kind op die pyltjies klik om van een dier tot die volgende te beweeg. Laat die kind raai watter dier die geluide maak. Na hy/sy geraai het kan hy/sy op die liggie klik. Dit sal wys of die kind korrek was of nie.
Skakel: http://www.babygamer.com/online_games/free/toddler/night_animals/night_animals_07.htm
​
​Dag 4
Ouditiewe persepsie
Luister
Benodighede: skakel
Luister na die storie, ’n Spook in ouma se pajamas, geskryf deur Kai Tuomi en vertaal deur Anita van Zyl.
Skakel: http://nalibali.mobi/stories/afrikaans/%E2%80%99n-spook-in-ouma-se-pajamas
​
Skep
Nagprent
Benodigdhede: swart papier, wit papier, geel papier, takkies, gom, ogies
Laat die kind verskeie kleure papier, takkies en ogies gebruik om ’n prent van ’n donker nagtoneel te skep. Weereens wil ek noem dat daar geen reëls is wanneer dit by kuns kom nie. Gee voorstelle, wys voorbeelde maar laat jou kind altyd toe om hom/haarself uit te druk deur middel van kuns.
Naaldwerk-projek
Speelgoed maak
Benodigdhede: skakel, kous, bordkryt, skêr, naald, gare
Klik op die skakel om te sien hoe maklik dit is om ’n speelgoedvlermuis te maak. Indien jy en kleinding besluit om die projek aan te pak kan sy/hy hier en daar help met uitknip en sekere gedeeltes van die speelding vaswerk.
Skakel: https://www.youtube.com/watch?v=ACxpxZvxAZI
​
Dag 5
​Oefening
Dans
Benodigdhede: skakel, rekenaar
Laat die kind saam met Debbie-doo en maats die Star Jump dans doen.
Skakel: https://www.youtube.com/watch?v=v3U3v1CMcV4
Visuele en ouditiewe geheue
Onthou nou
Benodigdhede: skakel
Kyk saam na die prentjies van diere wat aktief is gedurende die nag. Laat die kind die snit twee maal kyk en op die derde keer moet die kind sy/haar oë toe hou en sê watter dier hy/sy onthou elk van die geluide maak.
Skakel: https://www.youtube.com/watch?v=D2EOJxdbHqo
Rekenaarvaardighede
Wegkruipertjie
Klik op die skakel en laat die kind die diere wat wegkruip opspoor. Die program sal outomaties 'n sirkel om die diere vorm en elk se Engelse naam noem. Vra die kind of hy/sy elk van die genoemde diere se Afrikaanse name ken.
Skakel: http://www.sheppardsoftware.com/content/animals/kidscorner/seekandfind/seekandfindnocturnal.htm
Hulpbron: dag 2 en dag 3
​
​
​
​

Kyk wat ons alles
die week gaan
doen...
​

Leer oor Lemurs

Skep'n haas

Oefen om Sos te wys

Leer dierevorms skep met jou hande

Aftruis en
inkleur

Waar's jou
prooi

Skep so'n prent

Leer die
'star dance'


Maak
iets

Kyk wat
kruip weg
Ons gaan...