
Edusense
maak leer lekker...
​
Edusense se LetterKUNS-Pak kan ook saam met die program deurgewerk word. Skaf dit aan vir 'n meer gevorderde leerder.
Welkom! Hier sal jy temaverwante inligting en aktiwiteite (wat op die letter p fokus) vind.
​
Voorstel: Spandeer 'n week aan die aktiwiteite op die blad.
Spandeer die res van die tyd aan die drukbare gedeeltes van ons program.
​
​
My p-kamer
​Hier gaan jy leer:
​​
-
Oor paddas
-
Hoe om padda in Gebaretaal te sê
-
Hoe om padda in Zoeloe te sê
-
Oor die padda se lewenssiklus
-
Oor padda geluide
​
Zoeloe en ASL-woord
Leer hoe om padda in Zoeloe te sê, klik hier:
https://www.youtube.com/watch?v=JGP5zgjMoI4
Leer hoe om padda in Gebaretaal (ASL) te sê, klik hier: ​https://www.youtube.com/watch?v=8er0QhF0JzY
Dag 1
Lees op oor paddas
Klik op een van die drie skakels om meer oor paddas te leer.
Skakel:http://www.mieliestronk.com/amfibiee.html
http://www.mieliestronk.com/parra.html
http://www.mieliestronk.com/amfibiee.html
Geheuevers
Loof die Here
​
Leer die volgende Bybelvers:
​
Loof die Here ,want Hy is goed, aan Sy liefde is daar geen einde nie!
Psalm 107:1
​
Ogiesoefen
Volg die padda/insek
Benodigdhede; skakel
Klik op die skakel om die oulike Edusense oogoefening te open. Laat die kind sy kop stilhou terwyl hy/sy die paddatjie en dan goggatjie met die ogies volg.
Skakel: https://www.youtube.com/watch?v=b-UD9-rQ5Y4
​
Sing saam
Paddas se konsert
Benodigdhede: skakel
Dans/speel dromme op die maat van die musiek.
Neem 'n bak/blik. Laat die kind elke keer wat hy/sy die woord “kwaak" in die liedjie hoor op sy drommetjie tik/hande in die lug steek.
​Skakel: https://www.youtube.com/watch?v=KN8Kwcuc8l4
​
Dag 2
Kuns
Teken 'n padda
Benodigdhede: skakel, potlode, papier​
Klik op die skakel en leer hoe om 'n padda te teken.
Skakel: https://www.youtube.com/watch?v=i7WktxANEWc
Plak leë pilvelletjies op die kunswerk. Dit sal soos die fraatjies wat op baie paddas se velle voor kom lyk.
​
Natuur​​waardering
Paddavis tot padda
Benodigdhede: rekenaar, skakel
Die speletjie kan slegs per rekenaar gespeel word. Voor jul begin, kyk een van die volgende opvoedkundige videos:
Skakel 1: https://www.youtube.com/watch?v=7NhA9SHunKs (nie vir sensitiewe kykers nie)
Skakel 2: https://www.youtube.com/watch?v=wAcwjWi6I9Y
Laat die kind nou die lekker speletjie speel.
Skakel:http://www.sheppardsoftware.com/scienceforkids/life_cycle/frog_lifecycle.htm
Dag 3
Spanbou (Dam maak)
Benodigdhede: sak, klippe, graaf, water, houer
Grou ’n 20 sentimeter diep-30 sentimeter breë gat in die tuin. Plaas 'n plastiese sak in die gat en hou in plek met klippe. Gooi water in die gat tot dit vol is. Hopelik sal die paddas nou die water gebruik om hul eiertjies in te kom lê. Hou dop!
​
Kyk hier
Benodigdhede: skakel
​Klik op een van die skakels en kyk hoe paddas hul prooi vang en dan eet.
Skakel: https://www.youtube.com/watch?v=nwf0ahTYIOc
Skakel: https://www.youtube.com/watch?v=MFlHHG57V2U
Wiskundige konsepte
Speel die speletjie
Benodigdhede: felt, krambinder, dobbelsteen, karton, plastiese-ogies, gom, twee houers
-
Vlieë maak: skep 10 vlieë deur 'n klomp ovaalvormige swart en wit vorms uit felt te knip. Plaas twee-twee (wat kruis) oormekaar en kram vas. ​
-
Padda maak: knip een handgrote ovaal uit groen karton en vou in die helfte. Plak twee oë aan die een kant van die “paddabek” (sien die foto regs).
-
Plaas al die vlieë in 'n houer. Laat die kind 'n dobbelsteen gooi en soveel paddas met die paddabek optel en in 'n ander bak oorplaas aswat die steen aandui.
​
Vrae om te vra:
Hoeveel kolletjies is op die dobbelsteen?
Hoeveel vlieë moet die padda na die bak toe bring?
Hoeveel vlieë bly "agter"?
​​
Dag 4
Padda en voël se geluide
Benodigdhede: skakel
Laat die kind na die verskillende geluide wat paddas en voëls maak luister. Laat hy/sy op die dieper-kwaak-geluide sy/haar hande af bring en op die hoër twiet-geluide sy/haar hande opbring. Af-lae note en hoog-hoër note.
Skakel: http://soundbible.com/tags-frog.html
​
Groen
Benodigdhede: skakel
Hier volg 'n lekker aanlyn spelletjie. (Dit kan slegs per rekenaar gespeel word.) Fokus op die kleur-groen.
Skakel:​ http://www.sheppardsoftware.com/preschool/colors/green.htm
Dag 5
Legkaart
Benodigdhede: skakel, skootrekenaar
Bou die aanlyn Paddalegkaart. (Dit kan slegs per rekenaar gebou word.)
Skakel: http://www.sheppardsoftware.com/content/animals/kidscorner/puzzles/frogpuzzle.htm
Tel
Klik op die skakel wat verskaf is. Laat die kind die ballon met die laagste syfer-hoogste syfer op bars met die naald. (Sit die klank af en laat die kind elke syfernaam hardop sê.)
Skakel: http://www.sheppardsoftware.com/mathgames/earlymath/BalloonCount10.htm
​
​







Ons gaan...